joshuanadiereen joshuanadiereen

482 posts   11,476 followers   184 followings

Joshua na die Reën 

Baie dankie @kknkfees vir die voorreg om deel te wees van 2018 se kunstefees. Dankie ook dat ek die verhoog kon deel met @carolinebrussow @adamtasmusiek @refentsemusic @fatmanbrummer @nelienki en @diacdrummer vir jou en jou band se lekker vibe!

Ek verlang vandag

Hier is 'n paar optredes wat wag. Sien julle daar. Meer inligting is beskikbaar op die "Joshua na die Reen" facebook blad.

"Wonde is om te wys dat jy die lewe voluit leef" ~ Karin Reynolds

See

As die nag sy baadjie toeknoop :) #CoenieDeVilliers

Na 'n week en 'n half se besonderse tye saam met mense wat my steeds hoop gee vir 'n beter wêreld, is ons amper by die huis en voel bevoorregd om musiek te kan maak wat diep uit ons binneste kom.
Dankie #Stellenbosch @woordfees , #Trompsburg @snobscoffee , #Bloemfontein @innieskuur , #Ficksburg @cafechocolatdc

Dankie @dirkjacobuscoetzee en @_janacoetzee en @lianireynolds en Kalla en #80OnBenade en @greenacorn dat ons by julle kon tuis gaan! Dit is 'n voorreg om so vol te kan voel na 'n toer.

Dankie @toms_bloem vir die hulp met gear!

Dankie my liewe vriende en broers dat ons hierdie saam kan doen! @heiniberner @jeandevilliers @peargroupevents #GerhardHetNieInstagramNie #WillemHetNieInstagramNie

Wanneer ek 'n laning sien gebeur iets in my maag wat ek nie regtig kan beskryf nie, skoenlappers seker maar. Dit voel asof ek so na aan iets beweeg wat nie "regtig" bestaan nie. Amper soos 'n poort na iewers nêrens ;) Ek onthou toe ek klein was het ek baie aande gedroom Peter Pan en sy vriende kom haal my met hulle vlieënde skip by die klein hekkie voor in my ouers se tuin onder die Wit Stinkhout boom, en dan vlieg ek saam met hulle na Nimmer Nimmer Land. Dit was die beste avonture van my kinderjare saam met daai vriende in my drome, ek het min vriende gehad op laerskool en was nooit deel van die "cool" kinders nie. So miskien is dit my ontsnapping gewees na 'n plek waar ware vriendskap bestaan het .

Wanneer ek so 'n laning sien dan is ek weer daar. Al verskil is dat ek vandag werklik dankbaar is vir die vrienskappe wat ek van hoërskool jare af saam met my kan dra. Ek kom agter mense soek net 'n plek waar hulle totaal hulleself kan wees sonder enige vereistes.
So ek droom nie meer van Nimmer Nimmer Land nie ;) (wel meeste aande nie)

Sien julle by een van my gunstelling plekke saam een van my gunstelling mense. NB - Laughing Chefs het geskuif....kyk mooi na die adres!!!!!! @lizandrawinter

Oomblike van genot ;) Foto deur @heiniberner se iPhone hahahahahaha

Tevrede @heiniberner

Most Popular Instagram Hashtags